Modulekode | MWT 210 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | *Geslote – vereis departementele keuring Deel 1: Maatskaplikewerkintervensie: Gemeenskap Die mandaat van gemeenskapswerk en gemeenskapsontwikkeling binne die konteks van ontwikkelingsgerigte maatskaplike welsyn in Suid-Afrika. Bestudering van die proses van gemeenskapswerk en gemeenskapsontwikkeling met spesifieke fokus op verskeie benaderings tot gemeenskapsassessering, praktykmodelle, insluitend die rolle en tegnieke. Deel 2: Maatskaplikewerkintervensie: Individu en groep ‘n Teoretiese benadering tot werk met individue en groepe binne ‘n multikulturele konteks; kommunikasievaardighede en fases van die hulpverleningsproses. |
Modulekrediete | 20.00 |
Programme | |
Voorvereistes | MWT 110, 120+DS |
Kontaktyd | 1 besprekingsklas per week, 2 lesings per week |
Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
Departement | Maatskaplike Werk en Kriminologie |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App